Bulletjie Rugby

Filosofie

Laerskool Elarduspark sien rugby as 'n belangrike opvoedingsmeganisme om seuns na volwassenheid te lei.  Dis waar hulle die basiese vaardighede van die spel leer soos bal vang, aangee en skopvaardighede. Ons leerders leer om in die dinamika van 'n span saam met spanmaats te speel.  Ons sal graag wil sien dat elke speler se volle potensiaal en liefde vir die sport ontwikkel word tot voordeel van sy menswees.
'n Chinese gesegde sê: Die geheim van vooruitgang is jy moet êrens begin. Vir talle seuns is Bulletjie rugby die begin van 'n asemrowende rugby reis by Laerskool Elarduspark.

Deelname

Laerskool Elarduspark het hiedie jaar 'n nuwe tradisie begin deur elke o/8 bulletjie seun en sy pa op toer te stuur na Zwartkloof.
Die toer word self deur die ouers gereël. Hulle begin reeds in Februarie met fonds-insamelingsprojekte en verkope van eetgoed, koeldrank ens. by elke oefening. 
Tydens die toer word die seuns blootgestel aan 15 man rugby.  Hulle word bygestaan en ondersteunmet die oorskakelingsfase.

Deur die loop van die seisoen skakel die 0/8 seuns oor van “Rip”-rugby na “Tackle”- rugby wat hulle tydens die toer na Durban toepas. Dit is ‘n goeie oefening voor hulle in die 4de kwartaal begin oorskakel na 15-man rugby.

Elke span kry die geleentheidom te kan speel en 'n liefde vir die sport te ontwikkel.  ons bulletjies het in 2017 gegroei na 212 seuns en ons sien uit na 'n BLINK toekoms vir ons seuns.

 

Organiseerders

Mnr R Smit
Mnr W Bugs

 

Afrigters

  • Ons maak gebruik van ouers vir afrigting van Bulletjie Rugby.
  • Die afrigters moet “boksmart” gekwalifiseerd wees om so 'n spannetjie te kan afrig en woon sodoende die nodige kursusse by.
  • ‘n Personeellid van die skool is oorhoofs verantwoordelik vir Bulletjie rugby om te verseker dat die regte vaardighede aangeleer word.

 

Bulletjie Spanne

0/6
0/7
0/8

 

Oefentye

  • Die Bulletjies oefen Woensdae-aande van 17:00–18:00.  Wedstryde vind op Saterdae plaas. 'n Program word aan die begin van die seisoen aan die ouers beskikbaar gestel met die onderskeie plekke waar die wedstryde gaan plaasvind. Tydens die oefening ontvang u dan die tye van die eerskomende Saterdag se wedstryde tesame met die padkaart.
  • Oefeninge begin in Februarie en eindig in Junie. Die bulletjies speel in die begin "Rip"-rugby en daarom vind daar in die 4de kwartaal 'n oor-bruggingskursus plaas waar die seuns leer om te duik ter voorbereiding van hulle 0/9 rugbyjaar.