Algemene Kennis

Doel

David van Lill sê die volgende: “Baie van ons algemene kennis sluip half ongemerk in ons breine in, maar ʼn groot deel daarvan word met die verloop van tyd aangeleer.  Daar is nie ʼn eenvoudige, vinnige resep nie. Dit is ʼn voortdurende proses.  Algemene Kennis is iets wat aangeleer kan word en dat dit ʼn proses is wat lewenslank moet aangaan.  Nuuskierigheid is deel van elke mens se samestelling, maar dit kan beslis gestimuleer word.”

Ons wil graag die leerders prikkel om hulself te verryk en dit te geniet.
 

Organiseerder en afrigters

Me. Elsa de Villiers, Me Anneke van Niekerk en Me. Melani du Preez.

Keuring

Na gelang van die leerders se akademiese prestasies, word uitnodigings gerig aan leerders vanaf Gr. 4 tot Gr. 7.  ENIGE leerders wat ʼn gesonde belangstelling in die wêreld rondom hulle het, is baie welkom.
 

Oefendae en tye

Die oefening is gewoonlik Maandae of Woensdae.  Elke jaar se tye verskil egter na gelang van die behoeftes van die Algemene Kennis-groep.

Om suksesvol te wees, moet Algemene Kennis deurlopend opgeskerp word.  Die leerder se toewyding is baie noodsaaklik om ʼn goeie span te bou.  Hy/sy sal op hoogte van huidige nuus, ens. moet bly. Die oefensessies is egter ook daar om tot hulp te wees. Vraestelle word deurgewerk en inligting word onder andere uitgeruil. Inligtingstukke word aan leerders verskaf.
 

Koste

Daar is slegs koste verbonde aan die skryf van die Olimpiades.  Deelname aan die Super 12-kompetisie, verg nie enige koste nie.  Die leerders moet egter na en van die gasheer skool vervoer word.
 

Geleenthede vir deelname

Gr. 4 tot 7 neem aan interne kompetisies deel.  Enige leerder mag aan Olimpiades deelneem, maar slegs Gr. 7’s is betrokke by die Super 12-kompetisie.
 

Kleredrag

Formele Skooldrag (skoolbaadjie, kouse en skoene) tydens deelname aan die Olimpiades of Super 12-Algemene Kennis kompetisie.
 

Meriete-erkenning

Sien Kultuurmeriete
 

Prestasies

Die skool neem al verskeie jare deel aan die Super 12-Algemene Kennis kompetisie en elke jaar behaal ons skool ‘n plek onder die top 10 skole.
 

Lardies aan die woord:

Algemene Kennis is lekkerder as net skool gaan. Skoolwerk is die gewone wat jy moet leer maar met Algemene Kennis hou dit jou in kontak met wat gaan aan in die wêreld.

Jy hoor van verstommende feite en inligting en dit verbreed nie net jou kennis nie maar ook jou kommunikasie vermoë wat uitgebrei word deurdat jy kan saampraat oor en van gebeure. Dit laat jou wonder waarom is n pizza rond word in 'n vierkantige houer verpak maar ons eet dit in driehoeke. (Jannes van Niekerk , Gr 7 – 2015)