Algemene Kennis

Doel

David van Lill sê die volgende: “Baie van ons algemene kennis sluip half ongemerk in ons breine in, maar 'n groot deel daarvan word met die verloop van tyd aangeleer.  Daar is nie 'n eenvoudige, vinnige resep nie. Dit is 'n voortdurende proses.  Algemene Kennis is iets wat aangeleer kan word en dat dit 'n proses is wat lewenslank moet aangaan.  Nuuskierigheid is deel van elke mens se samestelling, maar dit kan beslis gestimuleer word.”

Ons wil graag die leerders prikkel om hulself te verryk en dit te geniet.
 

Organiseerder

Me Anneke van Niekerk

Keuring

Na gelang van die leerders se akademiese prestasies, word uitnodigings gerig aan leerders vanaf Gr. 4 tot Gr. 7.  ENIGE leerders wat ʼn gesonde belangstelling in die wêreld rondom hulle het, is baie welkom.
 

Oefendae en tye

Die oefening is gewoonlik Maandae of Dinsdae of Woensdae of Donderda.  Elke jaar se tye verskil egter na gelang van die behoeftes van die Algemene Kennis-groep.

Om suksesvol te wees, moet Algemene Kennis deurlopend opgeskerp word.  Die leerder se toewyding is baie noodsaaklik om ʼn goeie span te bou.  Hy/sy sal op hoogte van huidige nuus, ens. moet bly. Die oefensessies is egter ook daar om tot hulp te wees. Vraestelle word deurgewerk en inligting word onder andere uitgeruil. Inligtingstukke word aan leerders verskaf.
 

Koste

Daar is slegs koste verbonde aan die skryf van die Olimpiades.  Deelname aan die Super 12-kompetisie, verg nie enige koste nie. 
 

Geleenthede vir deelname

Gr. 4 tot 7 neem aan interne kompetisies deel.  Enige leerder mag aan Olimpiades deelneem, maar slegs Gr. 7’s is betrokke by die Super 12-kompetisie.
 

Kleredrag

Formele Skooldrag (skoolbaadjie, kouse en skoene) tydens deelname aan die Olimpiades of Super 12-Algemene Kennis kompetisie.
 

Meriete-erkenning

Sien Kultuurmeriete
 

Prestasies

Die skool neem al verskeie jare deel aan die Super 12-Algemene Kennis kompetisie en elke jaar behaal ons skool ‘n plek onder die top 10 skole.