Wiskunde Ekstra Klasse

Wiskunde ekstra klasse

Die dienssentrum is uniek en lewer ‘n  gratis diens aan enige leerder van Gr. 4 tot 7.
Die rol van die dienssentrum is om leerders se wiskundeprestasie aan te spreek. Hier glo ons in die kind en word verwagtinge gestel. Ons verbreed die leerder se geleenthede.
Konsultasie met ander onderwysers vind voortdurend plaas. Die leerder se denkproses word deurgaans ontleed.  Me. H Badenhorst  is in beheer van die dienssentrum.

Ekstra kurrikulêre hulp in Wiskunde:

Tye
Graad 4:         Donderdae:   14:00 tot 15:00
Graad 5:         Woensdae:    14:00 tot 15:00
Graad 6:         Dinsdae:        14:00 tot 15:00
Graad 7:         Maandae:      14:00 tot 15:00
 

Goue reëls vir leerders

  • Werk elke dag.
  • Verstaan elke dag se werk sodat jy dit kan doen.
  • Merk jou werk korrek en doen nasorg.
  • Ken alle leerwerk.
  • Geniet dit om tafels te leer.
  • Hou in ‘n aparte boek al jou nasorg op datum, want dit leer jy eerste vir die volgende toets.
  • Liewer  vra in die klas sonder om skaam te wees, as om nooit die werk te verstaan nie.
  • Glo in jouself.  Maak die wenleuse en plak dit op jou spieël: “EK KAN”
  • Tydens ‘n toets:  Tweekeer dink en eenkeer ink!
  • Netheid, planmatigheid en noukeurigheid moet baie aandag geniet.
  • Moet nooit agter raak nie.
  • Wiskunde is oral om ons.  Ontdek elke dag.  Verbeter jou intellek.
  • Jy gaan nie altyd die eerste keer alles verstaan nie.  Aanhouer wen!
  • Wiskunde is lekker.
  •  

Wenke vir ouers

(÷) Deel jou vreugde
(+) Plus jou geleenthede
(-)  Minus die probleme
(x) Maal jou talente
Gee daagliks liefde en kennis

OUERSKAP is die som van voluit lewe.
Hoe meer jy gee, hoe lekkerder is die hele omgee.
GENIET JOU KIND.